Zambezirivier

Zambezirivier
Die Victoria-waterval is in die loop van die Zambezi geleë, tussen Zambië en Zimbabwe.
Die Victoria-waterval is in die loop van die Zambezi geleë, tussen Zambië en Zimbabwe.
Die Victoria-waterval is in die loop van die Zambezi geleë, tussen Zambië en Zimbabwe.

Die opvanggebied van die Zambezirivier.

Oorsprong Mwinilunga, Zambië
Monding Indiese Oseaan
Stroomgebied Angola, Zambië, Namibië, Botswana, Zimbabwe, Mosambiek
Lengte 2 574 km (1 599 myl)
Oorspronghoogte 1 500 m (4 921 voet)
Mondinghoogte 0 m (0 voet)
Gemiddelde afloop 3 400 m/s³ (120 070 vt³/s)
Stroomgebiedopp. 1 390 000 km² (536 682 myl²)
Kaart van die Zambezirivier-bekken in Afrika.
Kaart van die Zambezirivier-bekken in Afrika.

Die Zambezirivier is die vierde grootste rivier in Afrika en vorm die natuurlike grens tussen Zambië en Zimbabwe. Eersgenoemde het sy naam van die rivier afgelei met onafhanklikwording op 24 Oktober 1964. Die Zambezirivier is ook die langste oosvloeiende rivier in Afrika en die grootste wat in die Indiese Oseaan van Afrika af invloei. Die area van sy kom is 1 390 000 km², effens minder as die helfte van die Nylrivier s’n. Die 2 574 kilometer lange rivier ontspring in Zambië en vloei deur die ooste van Angola, teen die noordoostelike grens van Namibië en die noordelike grens van Botswana, dan teen die grens tussen Zambië en Zimbabwe na Mosambiek, waar dit die land kruis en in die Indiese Oseaan invloei.

Die bekendste kenmerk van die Zambezirivier is die Victoria-waterval. Ander kenmerke sluit in die Chavuma-waterval by die grens tussen Zambië en Angola, en die Ngonye-waterval in westelike Zambië.

Daar is twee hoofbronne van hidroelektriese krag in die rivier, naamlik die Karibadam, wat aan Zambië en Zimbabwe krag voorsien, en die Cahora Bassa-dam in Mosambiek, wat krag aan Mosambiek en Suid-Afrika lewer. Daar is nog twee kleiner kragstasies teen die Zambezirivier in Zambië, een by die Victoria-waterval en die ander naby Kalene-heuwel in die Ikelenge-distrik.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search